JAKKALSGAT SAFARI'S
Bestemmings


Weltevrede Jagplaas
Ligging
Weltevrede is geleë tussen Douglas / Hopetown en Prieska in die Noord Kaap ongeveer 350 km vanaf Bloemfontein met jou naaste groot lughawe in Kimberley.
Tipe Veld
Met sy grasvelde, rooisand en kameeldoring maak Weltevrede deel uit van die Groen Kalaharistreek met plek, plek harde Karoo veld en baie Swarthaak bosse. Weltevrede is beslaan ongeveer 3000 ha waarvan ongeveer 1000 ha met wildheining toegespan is.
Blyplek
Slaaplek bestaan uit 10 enkelbeddens in 2 afsonderlike Iglos wat geleë is onder 1 Kameeldoringboom waarvan die ouderdom geskat is op 300 jaar. Ons maak gebruik van battery LED ligte om die ligte in die aand aan te skakel. Toiletgeriewe wissel van ‘n ‘”longdrop” waar jy vroegoggend oor die veld kan uitkyk tot ‘n spoeltoilet tussen gepakte bale vir privaatheid. ‘n Stort en wasbak is gebou in ‘ ou dieseltenk met warmwater afkomstig uit ‘n donkie wat gestook word met swarthaak hout.
Kombuis en kookgeriewe
Met ‘n gasvrieskas as enigste koudmaak ding beveel ons aan dat jy koelhouers bring vir jou drankies, kos word voorberei op swarthaak vure asook gasstowe.
Slag en koelgeriewe
Slag en hangplek is onder ‘n boom asook 'n koelkamer.
Plantegroei
Kameeldoring (vaal sowel as groen) , Swarthaak en Witgat: Driedoring, Wag ‘n bietjie bos
Soetgras, steekgras en bloubuffelgras en vele meer maak deel uit van ons plantegroei.
Dierelewe
Eland, Koedoe, Waterbok, Blouwildebees, Rooihartbees, Gemsbok, Rooibok, Springbok , Steenbok, Duiker , Volstruis en Blouaap
Tarentaal, Gompou, Aasvoel, Korhaan en verskeie valke is deel van ons voëllewe
Rooikat, Rooijakkals, Bakoor, Aardwolf, Tierboskat, Ystervark, Erdvark, Skilpad en talle ander kleiner diere kom hier voor.
As ons jou nie kan help nie verwys ons jou met graagte na iemand wat kan.