top of page

Agtergrond:

Jakkalsgat is begin uit frustrasie vir die skelms in die wild en jagbedryf en onthou ek se nie dat almal in die wild en jagbedryf skelm is nie maar die meeste skelms is in die bedryf. Die frustrasie oor pryse, my liefde vir mense en kosmaak, die natuur en 'n passie vir jag het veroorsaak dat ek Jakkalsgat Safari's begin het. Wat ek doen is om die beste moontlike prys te beding sonder om die boer in te doen en deur te gee aan die jagter, ja jy betaal daarvoor maar billik en niemand verneuk jou nie. Verder tree ek op tussen die boer en die jagter en maak seker dat albei gelukkig is. Almal van ons deel dieselfde passie naamlik Jag en bowenal is Jakkalsgat meer klub as besigheid.

Jaco Stander jou gids

AS JAGTERS BETOON ONS ALTYD RESPEK AAN DIE DIER (LEWEND OF DOOD) , DIE NATUUR EN MEDE JAGTER, HIERDIE RESPEK KWEEK ONS DAN OOK VAN KLEINS AF BY ONS KINDERS. ONS EET WAT ONS SKIET DAAROM SKIET ONS WAT ONS EET. ONS BESKOU JAG AS 'N MANIER OM DIE NATUUR TE BESTUUR OM SODOENDE ONS NATUUR ERFENIS WAT ONS SKEPPER AAN ONS TOEVERTROU HET OOK AS NALATINGSKAP VIR ONS KINDERS EN HUL KINDERS TE BEWAAR. ONS LEI ONS JONG JAGTERS OP OM ALTYD WAPENVEILIGHEID TOE TE PAS EN WAPENS MET DIE NODIGE AGTING TE HANTEER. - Jaco Stander.

Jakkalsgat Safari's is 'n klein jagonderneming wat werklik nog omgee vir elke klient en uit ons pad gaan om 'n verskil te maak nie net in die bedryf nie maar ook in mense se lewens - "try ons, ons try maklik"

Gee ons net  'n kans

bottom of page